POPIA

Privaatheidsinligting

Verwerking van persoonlike inligting

Ons verwerk persoonlike inligting in ooreenstemming met die Protection of Personal Information Act (POPIA) van Suid-Afrika. Inligting word slegs versamel vir die doel wat op die vorm aangedui word.

Toestemming

Deur ’n FoonFlous of bespreking in te stuur gee jy toestemming dat ons die inligting mag verwerk vir die beoordeling en uitvoering van daardie versoek.

Derde partye se inligting

As jy iemand anders se nommer instuur, bevestig jy dat jy dit redelikerwys mag deel. Ons publiseer nooit ’n derde party se nommer of persoonlike besonderhede nie.

Jou regte

Jy het die reg om toegang te vra tot die inligting wat ons oor jou hou, dit reg te stel, of te vra dat dit verwyder word. Kontak hallo@ietsiecool.co.za.

Sekuriteit

Alle inskrywings word in ’n beveiligde databasis gestoor met toegangsbeheer sodat slegs gemagtigde spanlede dit kan sien.